ORAK update from Cpt Langman!

Kaptein Langman se hoekie (Captains Corner)

Haai daar julle BAKgat ORAK manne en BAng…gat Bellville ORAK vroue,

EERSTENS JULLE LYWE! : Namens die BAKgat manne  wil ek julle swakker geslag weer gebruiklikerwys uitdaag om te kyk wie gaan die meeste kilometers hardloop by ORAK, mans of vroue. Daar is tans 3 vroue meer as mans wat ingeskryf is volgens Gerrie, so geen verskonings nie asb.

TWEEDENS JULLE HARTE:
1.       Dan het ek ook met Gerrie onderneem om julle te vra om die jaar se ORAK  liefdadigheidsdryf te ondersteun. Dis ‘n dogtertjie Ciara wat nou 6 jaar oud is en dringend finansiêle ondersteuning benodig vir haar lewensbelangrike medikasie en ondersteuning. Sy is sonder ‘n velletjie gebore en die toestand word Epidermolysis Bullosa genoem. Ciara en haar ouers sal ook Saterdag by die wedloop wees. Ciara gaan in Worcester skool by die skool vir dowes. Daar sal lootjies verkoop word vir ‘n slaglam en nog 2 lammers sal aan die hoogste bod verkoop word. So almal wat ‘n bydrae maak kry ‘n kans om ‘n slagding te wen..
2.       Monique verjaar mos Saterdag en gaan ten bate van ‘’animal shelters’’ hardloop. Haar werk gaan haar ook borg vir elke 50c per kilometre wat sy van ons hardlopers af kry met borgskappe Saterdag. Ondersteun asb hierdie goeie saak ook.
3.   Louise Kock ondersteun  die Tiny Tekkies Challenge vir die Webner Laerskool in Ravensmead. Asseblief ondersteun haar saak - sy soek ook backpacks en tekkies vir die kinders in plaas van geld.

DERDENS BAKgatte teen ons BRAKKE bure: Ek, Gabi en Monique het gisteraand die Brackenfell Brakke by hulle eie tydtoets weer gaan uitdaag om meer deelnemers as ons by die ORAK wedloop te hê. Ek maak dus ‘n beroep op elkeen wat ingeskryf het om deel te neem. Volgens ORAK organiseerder Gerrie Celliers is ons 2 klubs op die stadium letterlik een of dalk 2 atlete verskil in getalle.

ALTERNATIEWE MANS-REGVERDIGE ALTERNATIEF: Die altyd regverdige Pieter Carstens het die dames jammer gekry en het voorgestel dat ons dalk ‘n beter wetenskaplike voorgee model kan gebruik om die wenners tussen die mans en vrouens te bepaal. Die model lyk soos volg:
Orak Voorgee stelsel.(gebaseer op newton&fordyce formule)
BAK atlete se afstande word met volgende voorgee aangepas:
Afstand X lengte in meter X gewig / ouderdom
(As die vrouens net solank vir my julle gewigte sal deurstuur sommer op Sosiale media FaceBook se Bellville Groep, sodat ons die formule kan toepas. (Ek neem aan julle eet nie meer so baie muffins Sondae met die ladies Run nie so die gewigte kan mos maar nou openbaar gemaak word J ) hahahha! Los maar….

Tot later BAK gat maters. Hoop nuwe vroue-kaptein Gabi  kan julle vroue lede so goed opkommandeer om deel te neem - Julle lyk maar sleg as julle bekke hang van die verloor!!!

Groetnis die Kaptein van die sterker geslag by BAK


Kaptein Langman&Pikkie